HESSEQUA NUUS - Cansa Relay For Life Hessequa-komitee is hard aan die werk om nog 'n suksesvolle Relay op Saterdag 20 en Sondag 21 Oktober by die Riversdal-rugbyklub vir die gemeenskap aan te bied.
Die Cansa Relay For Life Hessequa is gedurende die Cansa Relay For Life Summit vereer vir 'Beste Missie' en 'Fight Back' vir 2017 en het met die eerste prys in die Suidelike besigheidseenheid weggestap; 'n groot prestasie om die prys voor meer as 40 ander Relays se neuse weg te raap.
Help om die 2018 Relay nog beter, groter en meer suksesvol te maak deur jou span in te skryf.
Daar word veral 'n beroep op besighede, kerke, skole, rugby- netbal- en hokkiespanne, vriende en nog meer gedoen om hierdie fantastiese projek te ondersteun.
Vermaak en speletjies word reg deur die aand aangebied en stalletjies verkoop kos om almal se honger en dors te stil. Raak deel van die Cansa Relay For Life Hessequa beweging.
Kansa nooi spanne uit om betyds te registreer. Spanne kan hulle inskrywings-vorms van Chanel Louw verkry deur vir haar 'n epos op chanelot@gmail.com te stuur of haar te skakel by 079 909 1397.
Brenda Scholtz, die voorsitter van hierdie ywerige komitee kan na 16:00 by 082 825 6341 vir verdere navrae geskakel word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'