STILBAAI NUUS - Inwoners van Stilbaai wat wil help om indringerplante in dié kusdorp uit te roei, kan hul kapgereedskap solank regkry vir Saterdag, 9 Oktober.
“Ons kap weer op erf 657, die oop stuk grond van 60 hektaar wes van Hoofweg-Wes,” verduidelik dr Deon Begemann.
Belangstellendes moet voor 08:00 na die hengelklub bymekaarkom en daarvandaan sal hulle met ‘n opvolgaksie begin waar hulle twee jaar gelede die eerste keer gekap het.
“Verskuilde indringerplante het intussen uitgegroei en sigbaar geraak. Dit sal interessant wees om te sien wat daar aangaan,” sê Begemann.
Die verwagting is dat hulle om 10:00 klaar te wees met die skof.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'