RIVERSDAL NUUS - Baie diere-eienaars kan nie meer bekostig om vir hul honde of katte kos te koop nie, 'n direkte nagevolg van die Covid-19 pandemie.
Sommige van die eienaars het hul werk verloor en het geen inkomste nie, ander se salarisse is gesny en ander kon nog nie weer na hul werk terugkeer nie.
Hoe dit ookal sy, het hulle hulp nodig om hul diere te kan voed - en dit is waar CARS (Community Animal Rescue Society) tot baie se redding kom deur die liefdesdiens wat hulle verrig.
Charlotte Lambrechts en Lizelle de Jager het Saterdag by Pick n Pay vir CARS geld en troeteldierkos ingesamel om aan dié mense te kan oorhandig. "Ongelukkig staan daar 'n waentjie by die SuperSpar wat nie veel aftrek kry nie," vertel die voorsitter, Sandra Lotz. "Elke blikkie kos word opreg waardeer. Stilbaai-inwoners kan by OK Foods of Stilbaai Spar skenkings afgee."
Enige finansiële bydrae sal ook verwelkom word en kan in CARS se bankrekening betaal word.
Rekeningbesonderhede
- Naam: Community Animal Rescue Society
- Bank: ABSA
- Rekeningnommer: 40 7271 6037
- Takkode: 632005
- Soort: Tjek
- Swift kode: ABSAZAJJ
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'