Gallery Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO'S - Die onlangse Heidelberg Landbouskou wat op 4 Februarie met 'n skoudans afgeskop het, was 'n reusesukses, volgens die organiseerders.
“Die skou het met ‘n dans op 4 Februarie begin met die tema Wild Safari en daar was nie plek vir 'n muis nie,” vertel Sarah Koch, skousekretaris.
Meer honde was vir die hondeskou ingeskryf as in 2020 en dit was baie gewild.
FOTOGALERY: Heidelberg Landbouskou meer gewild as ooit
“Saterdag was die groot dag met die Hollard Jeugskou en dit het vir 'n baie groot opkoms van toeskouers en kinders gesorg, wat dit baie geniet het ten spyte van die hitte,” het Hans-Jurie Uys, ondervoorsitter gesê.
VIDEO: Alex Marshall: Onderhoud met perdekenner en wenner van dubbeltuig-kampioenskap.
VIDEO: Alex Marshall: Onderhoud met skaapboer wat pryse vir kampioen en reserwekampioen gewen het.
VIDEO: Clive Pretorius: Heidelberg Landbouskou: Pietman is 'n wenner
VIDEO: Clive Pretorius: Heidelberg Landbouskou: Toutrekspanne takel mekaar
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'