HEIDELBERG NUUS - Die dorp se senior burgerklub het Donderdag 14 Februarie ’n besondere Valentynsdag gevier.
Avril Geldenhuys was die gasspreker en het die tragiese verhaal van St. Valentyn uit die geskiedenis gehaal. Sy het ook oor die Eros-liefde uitgewei - die Bybelse liefde tussen verliefdes en die aanvaarding deur die gemeenskap van hierdie liefde as deur God goedgekeur.
Almal was in die gebruiklike rooi en wit drag uitgedos en die saal was eweneens feestelik in rooi en wit verfraai.
Aan die einde van die verrigtinge het alle lede van die klub die opdrag gekry om die volgende prakties te gaan uitleef by hul onderskeie huise: Gaan deel die liefde; laat die lig van liefde skyn; wees vriendelik met almal, en: ‘Pas My skape op, en laat My lammers wei’.
♦ Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'