HEIDELBERG NUUS - Dié dorp is in rou nadat ’n geliefde gemeenskapslid skielik op Maandag 19 Februarie oorlede is.
Ockert Verwey (61) het gisteroggend net voor 11:00 vermoedelik aan 'n hartaanval gesterf terwyl hy op pad was om sy groentetuin in Uysstraat te gaan bewerk.
Okkie, soos hy alombekend was, het op 31 Januarie ná 28 jaar getroue diens by Hoërskool Heidelberg afgetree. Hy was 'n natuurliefhebber by uitstek en hy was passievol daaroor om grond te bewerk. Hy was ook 'n groot sportliefhebber en veral krieket was sy eerste liefde.
Hy was ook 'n meester as dit by die uitleg van 'n krieketblad gekom het.
Sy dood is 'n groot verlies vir die dorp, Hoërskool Heidelberg asook die plaaslike Heidelberg United-krieketklub.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’