HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-landbougenootskap het Vrydagaand, 3 Februarie, tydens hul jaarlikse dans hul skoukoningin en prinsesse aangewys, maar daar was ook ‘n haan onder die henne.
Vir die tweede agtereenvolgende jaar is daar ‘n prins aangewys.
Die drie mooi dames is van links: Dané Venter (eerste prinses), Jeanne Flynn (skoukoningin), Jessi Venter (tweede prinses) en Bart Nel (skouprins).
Die Heidelberg-skou begin Donderdag 9 Februarie en eindig Saterdag 11 Februarie.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'