Video
HEIDELBERG NUUS - Verskeie inwoners en besighede op Heidelberg het Vrydag 1 September, wat die amptelike Lentedag, maar ook Loslitdag is, huppelend ingegaan.
Van hulle was in vrolike kleure uitgedos en ander was sommer net vrolik oor die komende somer en warmer temperature.
Loslitdag is natuurlik ‘n fondsinsamelingsprojek vir persone met gestremdhede.
Suid-Kaap Forum beoog om in hierdie week se uitgawe soveel moontlik foto’s van Loslitdag te plaas.
Kyk twee videos hieronder:
ARTIKEL, FOTO EN VIDEO: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'