RIVERSDAL NUUS - Dencil Hattingh, 'n boorling van Riversdal se boek Its never too late to be you, is genomineer as beste verkoper op Amazon.
Hattingh het sy laerskoolloopbaan by Panorama Primêre Skool voltooi en was in Gerrit du Plessis Senior Sekondêre Skool tot graad 10, waarna hy sy skoolloopbaan by Atlantis Sekondêr voltooi het.
Sy familie is nog op Riversdal woonagtig.
Hy is tans 'n lewensoriënteerder, praktisyn en terapeut by Decisive Development NLP & Life Coach Practitioners.
"Ek dink hierdie boek sal soveel waarde toevoeg tot talle mense se lewens, jonk en oud wat hul drome wil navolg en dink hulle is in hul omstandighede vasgevang," het Madale Rinkwest gesê nadat sy die boek gelees het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'