Gallery
SUID-KAAP NUUS - Suid-Kaap Forum het Vrydag 22 November die eerste plek in die afdeling 'Beste Voorblad' ingepalm tydens Group Editors se jaarafsluiting en prysuitdelingsfunksie.
Die geleentheid het by die Wildernis Hotel plaasgevind.
Die interne kompetisie tussen al Group Editors se koerante (George Herald, Mosselbay Advertiser, Knysna/Plett Advertiser, Oudtshoorn Courant, Suid-Kaap Forum, Graaff-Reinet en Idinga) is 'n voorloper vir die prestige Caxton Awards, wat soos die Oscars in die mediabedryf is.
Suid-Kaap Forum kon vanjaar slegs in 'n paar van die afdelings inskryf omdat albei joernaliste nie sedert die begin van die jaar in diens van Group Editors was nie, wat een van die kompetisie se vereistes was.
Suid-Kaap Forum se wen-voorblad.
Pryswenners
Redaksioneel en digitaal:
- Beste nuusfoto en beste impak beriggewing: Kristy Kolberg (George Herald);
- Beste sportfoto, beste 'human interest', asook beste fotograaf en sportjoernalis van die jaar: Hugo Redelinghuys (George Herald);
- Beste opskrifte: Chris du Plessis (Knysna/Plett Advertiser);
- Beste gereelde kolom: Hannes Visser (Oudtshoorn Courant);
- Beste voorblad: Suid Kaap Forum -'Skool in rou';
- Beste aanlynverskaffer: Paula Ann Smith (Graaff-Reinet Advertiser);
- Joernalis van die jaar: Michelle Pienaar (George Herald);
Verkope:
- Beste verkoopsverteenwoordiger: Letitia de Lange (Oudtshoorn Courant);
- Beste kleinadvertensie verteenwoordiger: Irene Moller; George Herald
- Beste groei: Oudtshoorn Courant;
- Beste groei (kleinadvertensies): Mossel Bay Advertiser - Annetjie Marx en Susan Graaff;
Produksie:
- Advertensie, asook aanlyn advertensie ontwerpe van die jaar: Luretha Cronjé;
- Beste Bylaes-ontwerp: Lisa Oudejans;
- Ontwerper van die jaar: Luretha Cronjé.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'