Gallery
HEIDELBERG NUUS - ’n Brand wat blykbaar onverklaarbaar in hul huis ontstaan het, het Bettie Gelderbloem (62) en haar saamleefman, John Lepo (67) van al hul besittings ontneem.
Die voorval het Maandag 1 April, ongeveer 12:00 plaasgevind terwyl Gelderbloem buite gesit het en Lepo in die dorp was. plaasgevind.
Gelderbloem is die ma van wyk 5 se raadslid, James, wat op die toneel was en moes toekyk terwyl die vuur voortwoed.
Hoewel die bure en plaaslike brandweer alles hul vermoë gedoen het om die vuur te blus, was dit tevergeefs. Buiten hul klere en meubels, het hulle ook al hul dokumente verloor. Net die stoof en ’n rusbank kon gered word.
’n Beroep word gedoen vir enige hulp om die familie by te staan. James Gelderbloem kan by 063 168 7438 geskakel word.
Bettie Gelderbloem (62) en haar saamleefman, John Lepo (67).
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'