Update Video
TUINROETE | KAROO NUUS EN VIDEO - Daar was vanoggend (9 Januarie) groot opgewondenheid by Oudtshoorn Dogs in Need (Odin) se perseel in Blanco.
Die jong diereliefhebber van George, Luhan Smit (10), het toe 1.1 ton se honde- en katkos wat hy in Desember ingesamel het, oorhandig.
Smit het ook speelgoed en komberse vir die troeteldiere ingesamel en dit oorhandig. Luhan het Maandagoggend self ingespring en werkers van Odin gehelp om die swaar sakke te dra wat hy ingesamel het.Mense kon dit skenk en oorhandig terwyl hulle na die Kersfeesliggies gaan kyk in die straat waar hy saam met sy ouers, Kobus en Belinda woon.
VIDEO - Groot opgewondenheid by Odin (Video: Eugene Gunning).
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'