Update
HESSEQUA NUUS - Nuwe aansoeke vir leerling- en bestuurslisensies kan nou weer gebring word. Volgens Didi Budricks, openbare betrekkinge-beampte van Hessequa-munisipaliteit sal nuwe aansoeke vanaf Maandag, 24 Augustus aanvaar word.
Sy sê die afgelope twee maande se agterstand wat tydens inperking ontstaan het, is nou uitgewis. Amptelike toetsing sal vanaf 1 September plaasvind.
Slegs inwoners van die Hessequa- en Kannaland-munisipaliteite sal tans toegelaat word om afsprake te maak.
Enige leerlinglisensies wat tussen 27 Maart en 31 Augustus verval, sal geldig bly tot 31 Januarie 2021.
• Aansoeke vir sowel leerlinglisensies as uitpassering moet van twee foto's, die aansoeker se identiteitsdokument en bewys van adres vergesel word.
Vorige artikel: Aansoeke vir nuwe lisensies oop
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'