Gallery
HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum het senior burgers wat in tehuise in die streek woon en gedurende Februarie verjaar, met geskenkies bederf deur middel van ons Goue Oues Projek, gerugsteun deur skenkings vanuit die gemeenskap en besighede.
Baie dankie aan The Blinds Factory, Tabeel en Marianne Ellis van Stilbaai, asook Riversdal SuperSpar vir skenkings.
Die volgende persone was nie teenwoordig tydens die oorhandiging van die geskenk nie as gevolg van siekte of dat hul uithuisig was:
Jan Lange, Riversdal: Joey Burchelle (08-02-1942).
Ou Meule, Riversdal: Johanna van Rensburg (12-02-1939), Cobie Ray (14-02-1945).
• Ons wens aan u almal 'n gesonde en gelukkige jaar toe.
'Ons bring u die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'