HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum het senior burgers wat in tehuise in die streek woon en gedurende September verjaar, met geskenkies bederf deur middel van ons Goue Oues-projek, gerugsteun deur skenkings vanuit die gemeenskap en besighede.
Baie dankie aan The Blinds Factory en Marianne Ellis van Stilbaai vir skenkings.
Die volgende persone was nie teenwoordig tydens die oorhandiging van die geskenk nie as gevolg van siekte of dat hul uithuisig was:
- Albertinia Versorgingsdienste: Muriel Naude (02-09-1940).
- Jan Lange, Riversdal: James Gosling (14-09-1957).
- Ou Meule, Riversdal: Rona Nel (03-09-1930); Tillie Kotze (23-09-1939); Retha Whitfield (27-09-1935).
- Soeterus, Melkhoutfontein: Andrew Mentoor (20-09-1946).
Ons wens aan u almal 'n gesonde en gelukkige jaar toe.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'