Gallery
HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum het senior burgers wat in tehuise in die streek woon en gedurende Junie verjaar, met geskenkies bederf deur middel van ons Goue Oues projek, gerugsteun deur skenkings vanuit die gemeenskap en besighede.
Baie dankie aan The Blinds Factory, Pep Stores, Tabeel en Marianne Ellis van Stilbaai vir skenkings.
Die volgende persone was nie teenwoordig tydens die oorhandiging van die geskenk nie as gevolg van siekte of dat hul uithuisig was:
Huis Zenobia du Toit, Heidelberg: Rachel du Toit (10-06-1937), Denise Lowe (05-06-1939), Emma Reay (29-06-1923)
Jan Lange, Riversdal: Timo Bezuidenhout (19-06-1956), Sibeth Marais (03-06-1933).
Ou Meule, Riversdal: Erna de Jager (03-06-1968), Johannes Streicher (06-06-1947), Dinnie Geldenhuys (06-06-1936), Corrie van Zyl (09-06-1941), Susara Nortier (03-06-1924), Nellie Kleinhans (07-06-1940).
Ons wens aan u almal 'n gesonde en gelukkige jaar toe.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'