Volgens Marius Loubser het die Boggomsbaaiers werklik uit hul pad gegaan om dit so lekker as moontlik vir almal te maak en elkeen van die 32 spelers is dan ook met 'n prys huis toe.
Die volledige uitslag van die Beterbalkompetisie was as volg: 1. Ben Klinck en George Sadowski (Mosselbaai) 49; 2. Chris Feiertag en George Deerans (Boggomsbaai) 45; 3. Jacques Bekker en Chris van Wyk (Heidelberg) 42; 4. Hugo Vosloo (besoeker van Wesselsbron) en Buks Reynders (Mosselbaai) 42; 5. Pieter Vaughan en Fred Bull (Mosselbaai) 39; 6. Tannah Harris en Andre Beukes (Boggomsbaai) 39. Naaste aan die pen-spelers: Ben Klinck en George Sadowski.
"Baie dankie aan al die Boggomsbaai-manne vir hul ekstra bydraes om die dag so suksesvol te maak. Baie dankie ook aan JC Slagtery vir hulle ondersteuning met die naaste aan die pen pryse. Dankie klink amper nie genoeg vir julle wonderlike ondersteuning dwarsdeur die jaar nie," het Loubser gesê.
Die volgende Sages-byeenkoms is op Dinsdag, 4 November.

Die wenners op Boggomsbaai is Chris van Wyk en Jacques Bekker, Chris Feiertag en George Deerans, George Sadowski en Ben Klinck en Paul de Villiers (voorsitter).
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'