RIVERSDAL NUUSFLITS - 'n Geliefde en bekende Godsman van die AGS Aloeridge-gemeente, William (Willie) Michaels het Donderdag 17 Augustus sy Skepper ontmoet.
Michaels is op Albertinia gebore en is een van 12 kinders.
As jong seun van 12 het hy reeds daarvan gedroom om eendag in 'n gemeente te kan preek. God verhoor sy gebed en word hy gemeenteleraar.
Hy dien ononderbroke op die kerkraad vir 32 jaar, waarvan 10 jaar as hoofouderling en 17 jaar as visie-voorsitter van die gemeente. By die plaaslike Boys Scouts se kamp op Preekstoel strandoord tree hy as geestelike leier op.
Die troosdiens vind Woensdag 23Augustus uit die AGS Aloeridge-gemeente plaas.
'n Dankseggingsdiens om dié merkwaardige persoon se lewe te vier, vind Saterdag 26 August uit sy gemeente om 10:00 plaas.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'