STILBAAI NUUS - Lappiesbaai Kwiltersgilde loot jaarliks 'n handgestikte kwilt uit.
Die geld wat so ingewin word, word weer in die gemeenskap teruggeploeg.
Die wenner van verlede jaar se kwilt was so beïndruk met sy prys dat hy spesiaal die gilde besoek het. Hy het hul maandelikse vergadering bygewoon om te verseker dat hy die skepper van dié meesterstuk ontmoet.
Geld is vanjaar aan SAM, 'n organisasie van ware Samaritane in die dorp en werklik op 'n breë spektrum 'n verskil in die gemeenskap maak, geskenk.
Die kwilters het ook geld aan die plaaslike NSRI oorhandig vir hulle onbaatsugtige diens op vele gebiede.
Arrie Combrink neem die R5 000 donasie namens die NSRI van Sonnet Niemand in ontvangs.
Chris Pretorius (regs) bedank Madelein Swanepoel vir die meesterstuk was sy geskep het. Hy was die gelukkige wenner van die vorige loting.
Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'