RIVERSDAL NUUSFLITS - 'n Gewilde prediker, Daniel Oostuizen (61), meer bekend as oom Popeye, is Dinsdagoggend 7 November skielik oorlede.
Dié gemeenskapsmens was sinoniem met St. Andrews Anglikaanse Kerk en Riversdal-begrafnisdienste.
By die kerk was hy leke-bedienaar, lid van die kerkbrigade, die Mannebond, Praise en Worship-span, asook die Royal Crusaders Kersfeeskoor.
In die 1970's was hy 'n lid van die Singing Messengers mannekoor, asook jeugleier.
By St. Peters kerk op die plaas Palmietrivier dien hy die gemeenskap op alle vlakke.
In die jare negentigs was hy bestuurslid by Riversdal Kinder- en Gesinsorg-vereniging, tans Kindersorg Suid-Afrika. Hy was ook op die bestuur van Riversdal-rugbyklub.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: KEITH EKSTEEN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'