Gallery Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO'S - ‘n Groot groep mense het Sondag, 25 Oktober aan ‘Swart Maandag’, ‘n bewusmakingsveldtog en om vreedsame protes teen plaasaanvalle en -moorde aan te teken, vanaf Skulpiesbaai op Stilbaai deelgeneem.
Die protesgangers was nie slegs van Stilbaai nie, maar ook van Heidelberg, Albertinia, Mosselbaai en selfs George.
Die verrigtinge het onder polisiebegeleiding na Droëvlakte beweeg.
Elizma de Jager en Anthea Nel was die sameroepers.
Fotogalery: Hessequa Swart Maandag optog
Volgens De Jager het hulle nie regtig verwag dat soveel mense aan die optog sou deelneem nie, maar dat dit ‘n bewys is dat die land se inwoners genoeg gehad het van al die sinnelose en wrede plaasmoorde.
Kyk 'n video hieronder:
Inwoners van Albertinia het ook hulle stemme gevoeg teen plaasmoorde deur Sondag, 25 Oktober aan die vreedsame protesoptog op Stilbaai deel te neem.
Suid-Kaap Forum korrespondent Mariska Visagie het die aksie op video opgeneem:
Die optoggangers van Albertinia.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'