RIVERSDAL NUUS - ’n Gespreksgroep van die Suid-Kaapse tak van die Genealogie Genootskap van SA (GGSA) het Maandagaand in Riversdal tot stand gekom.
Die genootskap is daarop gerig om mense te help om hul familiegeskiedenis na te speur.
Vier komiteelede van die tak, wat in George gesetel is, het tydens die geleentheid meer vertel hoe hulle te werk gaan wanneer hulle navorsing doen. Hulle is dit eens dat die stokperdjie meesleurend is. Dit is ook vir enigiemand beskore om lid te wees en sy of haar familiestamboom na te vors.
“Begin by jou ouers en grootouers, gesels met familielede, soek inligting op grafstene in kerkhowe. Daar is baie inligting in geboorte-, doop- en huweliksregisters,” het Abrie de Swardt, die voorsitter, gesê.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'