RIVERSDAL NUUS - Die Western Cape on Wellness-program (WOW!) het tot dusver groot sukses in gemeenskappe, werksplekke en gesondheidsorgfasiliteite behaal.
In Hessequa by Riversdal-hospitaal sal dié inisiatief ook in die toekoms ‘n verskil maak - dit uit die opkoms van ‘n groentetuin.
Dina-Marie Dwyer en haar kollegas by die hospitaal werk hard aan hulle groentetuin op die perseel.
“Ons doel met die tuin is om voedsel te produseer wat ons aan pasiënte kan gee soos ons oeste dit toelaat. Ons wil bitter graag twee watertenks kry, want hier gaan soveel reënwater verlore wat ons vir die tuin kan benut.”
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'