Gallery
ALBERTINIA NUUS - Ten spyte daarvan dat al die items op die gemeenskapspolisieforum se program vir die 16 dae van aktivisme van geweld teen vroue en kinders nie gerealiseer het as gevolg van gure en reënweer nie, was dit wel baie suksesvol.
Die parade deur die dorp waaraan die nooddienste, vroue en kinders, lede van die gemeenskap en ander rolspelers deelgeneem het, het baie aandag getrek.
FOTOGALERY: Gemeenskap doen hul deel vir 16 dae van aktivisme
Een van die groot projekte wat in dié tydperk aangepak was, is die verf van die sportgronde se betonmure. Hoewel inwoners, die gemeenskapsgesondheidswerkers, asook die plaaslike polisie help verf het, is daar nog heelwat mure oor wat geverf moet word.
Besighede en belangstellendes word vir hulp gevra vir skenkings van verf en ook om te help om die res van die mure te versier. Vir meer inligting hieroor kan Stephanie Rossouw (060 691 5368) van sektor 1 gekontak word.
Die 16 dae van aktivisme teen geweld het Vrydag, 10 Desember amptelik afgesluit.
Besighede en belangstellendes word vir hulp gevra vir skenkings van verf en ook om te help om die res van die mure te versier. Vir meer inligting hieroor kan Stephanie Rossouw (060 691 5368) van sektor 1 gekontak word.
Hoewel baie van die mure by die sportgronde pragtig tydens die 16 dae van aktivisme teen geweld geverf is, het baie dele nog 'n verflagie nodig.
Kinders was ook by van die programme betrek.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'