MELKHOUTFONTEIN NUUS - 'n Klag van bedrog is op 19 Junie by die Stilbaai-polisie aanhangig gemaak teen 'n man en vrou met noue verbintenisse met 'n speelskool in Melkhoutfontein.
Daar het glo etlike duisende rande "verdwyn" waaroor daar nie behoorlik verslag gegee kan word nie.
Nog 'n klag is reeds op 28 Mei aanhangig gemaak teen 'n jong vrou wat ook by die skool betrokke is.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, word 'n klag van diefstal in die eerste aanklag teen die vrou ondersoek en ’n klag van bedrog in die tweede aanklag teen beide die man en vrou.
Albei ondersoeke duur voort.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’