Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Trane het gerol en inwoners van Tehuis Die Ou Meule op Riversdal, het Dinsdagoggend, 1 September van oor tot oor geglimlag toe die Ou Meule-tehuis gebreide komberse van Du Plessis Oudioloë & Gehoorapparaat Akoestici se Riversdal-tak ontvang het.
Jacques en Andrea du Plessis, eienaars van dié tak, vertel die oorhandiging maak deel uit van hul tweede verjaardagvieringe.
Altesaam 15 inwoners het elk 'n kombers ontvang, wat deur ander inwoners gebrei is.
Smithie van der Westhuizen het die komberse tot perfeksie aanmekaargesit. Van der Westhuizen het 'n welkome geskenkpakkie van Jacques en Andrea ontvang as dankbetuiging vir haar harde werk.
Fotogalery: Oudioloë oorhandig komberse
Die wol is deur die gehoorpraktisyns geskenk. Hulle het ook die projek gemonitor, waar die breiwerk reeds 'n jaar gelede begin het.
Jacques sê Dinsdag se oorhandiging is wel die eerste, maar nie die laaste nie. "Ons sal voortbou om na die gemeenskap uit te reik en verbind ons tot meer as net voortgesette dienslewering vanuit ons praktyk," het Andrea bygevoeg.
Kyk 'n video hieronder:
Sr Linda Botha (hoof verpleegkundige) en Andrea du Plessis groet mekaar op die gepaste wyse kort voor die oorhandiging plaasgevind het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'