RIVERSDAL NUUS - 'n Vrou met 'n hart van goud is besig om jong kinders in Kwanokuthula onder haar vlerk te neem.
Rebecca Johnson sê die sosiale euwels waaraan kinders uit mindergegoede woonbuurte blootgestel word, is een van die vernaamste redes waarom dié kinders vir al die verkeerde redes op straat beland.
Juis daarom het sy besluit om die jong klomp bymekaar te kry en 'n geestelike dansgroep op die been te bring.
Die dansgroep, wat nog naamloos is, het juis verlede Saterdag op die dorpsplein oorkant die Hessequa-munisipale gebou inwoners op die maat van geestelike musiek met hul boeiende danspassies verras.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'