Gallery
RIVERSDAL NUUS - Die dae van trane stort wanneer Mamma haar kleuter na die groot skool neem, is blykbaar vir goed verby omdat meeste van hulle in die graad R-klasse was.
By die twee primêre skole en laerskool in die dorpsgebied was dit ook die geval - geen trane nie!
Sommige van die ouers was wel bietjie emosioneel en ander het gou-gou 'n foto van hul graad eentjie geneem.
Volgens die Wes-Kaap departement van onderwys het dié provinsie ongeveer 11 000 leerders wat nie in skole geplaas is nie, maar mev. Cheryl Beukes, prinsipaal van Voorwaarts Primêr het die versekering gegee dat hulle plek gehad het vir al die leerders - en dat hulle graad 1's nog kan akkomodeer wat nie vroeër geregistreer het nie.
By Panorama Primêr het die graad 1's sommer vroeg-vroeg al in lang rye voor die skool gestaan, slaggereed vir die nuwe ondervinding - en selfs nie die ligte misreën vanoggend kon almal se geesdrif demp nie.
Nie te seker op haar eerste dag van skool.
Ook by Laerskool Volschenk was sake baie ordelik en het sommige alreeds prentjies begin inkleur, terwyl ander die nuwe en vreemde omgewing beskou en dalk gewonder het wat op dees aarde hulle daar soek!
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'