HEIDELBERG NUUS - Ten spyte van al die waarskuwings en styging van die Covid-19-infeksiegevalle, steur baie inwoners van Heidelberg hulle glad nie aan die Covid-19-regulasies nie.
Baie huiswinkel-handelaars pas ook nie die nodige protokol op hul persele toe nie.
Jeugdiges speel sorgeloos buite rond sonder die nodige maskers, sanitasie of om sosiale distansiëring in ag te neem.
Verskeie klagtes is aan die polisie deurgegee oor sosiale funksies wat die afgelope naweek gehou was. Die polisie het onderneem om die aangeleenthede te ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'