RIVERSDAL NUUS - ’n Slopingspermit is deur Erfenis Wes-Kaap op 8 Januarie vanjaar uitgereik vir die 112-jaar-oue gebou in Dicksonstraat, waaroor Suid-Kaap Forum verlede week berig het.
Die berig op die koerant se voorblad het hewige reaksie vanuit die gemeenskap ontlok, omdat geboue ouer as 60 jaar deur wetgewing beskerm word.
Bewaring op plaaslike vlak geskied deur die munisipaliteit en die boubeplanning-afdeling is verantwoordelik vir die toesig en uitvoer van die wet.
Deesdae is dit die neiging om ou geboue vir toekomstige uitbreidings te sloop, ’n tendens wat onrusbarend ook plaaslik gebeur
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Lees 'n vorige artikel hier: Eeu-oue gebou word gesloop
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'