STILBAAI NUUSFLITS - Fynbos-apteek het op Woensdag 23 Mei helderkleurige rugsakke aan leerders van Laerskool Bertie Barnard oorhandig wat van 17 tot 22 Junie die Burger Strandhuis-toer meemaak.
Dié toer vind elke tweede jaar plaas en Fynbos-apteek skenk reeds geruime tyd vir elke leerder wat die toer meemaak, 'n rugsak.
Vanjaar sal 62 leerders en vier onderwysers dié opvoedkundige toer meemaak waartydens hulle verskeie besienswaardighede in die Kaap besoek.
Van links: Willie Delport (Fynbos-apteek), Staci October, Lizette Gerber (Fynbos-apteek) en skoolhoof, mnr. Nicky Deetlefs. Voor: Zandré Coetzee, Jabu Ntsalze en Zarah Neate. Foto: Elza Thiart-Botes, korrespondent.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Tuinroete nuus'