Update
RIVERSDAL NUUS - Freek Adams, algemene werker van Huis CJ Pauw by Hoërskool Langenhoven op Riversdal moes, as gevolg van sy gesondheid wat nie meer so goed is nie, die tuig neerlê.
Adams het het diep spore in beide Gerrit du Plessis Senior Sekondêre Skool, sowel as Langenhoven getrap.
Hy het in 1985 by Gerrit du Plessis se koshuis begin werk en is na 22-jaar na Huis CJ Pauw verplaas, waar hy vir 13-jaar en ses maande gewerk het.
"Freek het sy werk baie geniet en dit was vir hom 'n groot passie en trots. Die koshuis en Hoërskool Langenhoven is trots om so pligsgetroue werker te kon hê.
Hy sal beslis deur die personeel en inwoners van die koshuis gemis word," het mnr Piet de Villiers, skoolhoof gesê.
Vorige artikel: Adams lê tuig neer
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'