ALBERTINIA NUUS - Huppelland-kleuterskool in Albertinia is vanjaar 36 jaar oud en om dit te vier gaan hulle op Vrydagaand 29 Julie 'n groot fondsinsameling op die plaas Saxon buite Albertinia aanbied.
Die gewilde storieverteller en komediant Wicus van der Merwe en sy Woes-aanlynplatformspan gaan die verrigtinge regstreeks van 18:30 af uitsaai.
Kykers kan dit volg op Woes se Facebook en YouTube-platforms en inskakel om op die veiling te bie.
Kaartjies kos R150 per persoon om die aand op Saxon by te woon en sluit ‘n maaltyd en wyn in.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'