EDEN NUUS - As deel van Eden-sportraad se bemagtingsbeleid en hul visie word daar gereeld bemagtigingsprojekte aangebied om die lede te help groei.
Vanjaar is verskeie sulke projekte aangebied onder andere oor die misbruik van verbode middels, goeie bestuur, Wes-Kaapse sportkonferensie, finansiële ondersteuning deur DKES en Lotto.
Tydens bilaterale gesprekke met EDENSR se lede het heelwat uitdagings na vore gekom rondom finansiële bestuur van federasies.
Na aanleiding daarvan het die bestuur van EDENSR, in vennootskap met die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport hierdie werksessie oor finansiële bemagtiging in George aangebied. 73 persone van 31 federasies het van die geleentheid gebruik gemaak en baie goeie terugvoering is ontvang.
Daar is selfs versoek dat dit met 'n meer praktiese werksessie opgevolg moet word.
In sy verwelkomingswoord het die voorsitter van EDENSR, Desmond Speelman, die goeie bestuur van sportfederasies, waarvan finansies sekerlik die belangrikste is, onderstreep.
'n Deel van die gehoor.
Daar word met staats- en publieke fondse gewerk en as sulks is gesonde bestuur, toesighouding en kontrole belangrik.
Joe Stoffels het die aanbieding oor basiese boekhouding aangebied, Dirk van der Westhuizen het gepraat oor die onderwerp oor basiese vereistes deur DKES vir geouditeerde finansiële state en Dave van der Walt die riglyne vir die terugvoersessies.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'