RIVERSDAL NUUS - Lede van die Voortrekkerkommando op Riversdal, onderwysers van die drie Afrikaanse skole, die kurator van die Africana-sentrum, organiseerder van die dorp se Geloftefees en etlike ander mense wat by kultuur op die dorp betrokke is, was by die onlangse stigting van die plaaslike FAK-Kultuurnetwerk betrokke.
Die FAK (Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge) het kort na sy stigting in Desember 1929 begin om kultuurrade in gemeenskappe te vestig.
Die eerste kultuurraad is in 1930 in Pretoria gestig en kort daarna het die kultuurvlam feitlik in elke dorp regoor Suid-Afrika helder gebrand.
Dr Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, sê plaaslike kultuurrade het soos baie ander kultuurorganisasies, Afrikaanse skole en takke ná 1994 verdwyn - ’n reuseverlies vir ons taal en kultuur.
Die FAK het verlede jaar ter viering van sy 90ste bestaansjaar besluit om kultuurnetwerke weer tot stand te bring.
Enigiemand wat by dié kultuurnetwerk op Riversdal, of by een van die ander betrokke wil raak kan vir Elizma Smith ’n e-pos stuur by elizma@fak.org.za.
Voor, van links: Ena Geldenhuys, Evelyn en Anton du Toit, Elizma Smith en Tielman Roos. Agter: Marius Jackson, Kristia van Wyk,), Tess van Wyk, Hennie Joubert, Tersia Muller, Louise du Plessis, Marilise Lombard, Lettie Murray, Karien Coetzee, Martha de Beer. Foto: Verskaf
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'