ALBERTINIA NUUS - Die skool het op 2 November sy jaarlikse erkenningsaand in die VGK-saal gehou.
Leerders het erkenning ontvang vir hul prestasies in akademie en in sport.
Die hoofleiers en onder hoofleiers vir 2018 is ook aangewys.
Die skoolhoof, Jacobus Tarantal, bedank die gemeenskap en verskeie borge vir hul lojale ondersteuning die afgelope jaar.
Toekennings
• Jolin Pietersen: Ontvang 'n diploma vir deelname aan die SWD-atletiekkampioenskap (spiesgooi) en is toppresteerder vir gr. 7;
• Lee-Ann Jansen: Toppresteerder vir gr. 3;
• Tamson October: Ontvang 'n toekenning vir skaak - tweede plek tydens Hessequa-skolebyeenkoms;
• Die o.13-meisieskaakspan was silwermedaljewenners by die Wes-Kaap Topskole: Amuscka Amsterdam, Culshum September, Tamson October, Simone Losper, Roza-Lee Jansen, Algedine Sampson, Jolin Pietersen en Beverline Ruiters;
Janedian Erasmus en Culshum September is sportman en -vrou van die jaar.
• Sportman: Janedian Erasmus;
• Sportvrou: Culshum September.
Azile Goniwe word as hoofseun aangewys, Shane Vaaltyn is onderhoofseun, Beverline Ruiters is hoofmeisie en Algedine Sampson, onderhoofmeisie.
Azile Goniwe, Shane Vaaltyn, Algedine Sampson en Beverline Ruiters.
ARTIKEL & FOTO'S: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'