HEIDELBERG NUUS - Die spreekwoord sê elke hond kry sy dag en 'n brak kry eintlik twee.
Die 34 inskrywings vir die hondekompetisie wat tydens die plaaslike skou gehou is, het terdeë daarvan gebruik gemaak.
Die afdelings het van kampioenhond tot 'n kostuumafdeling gewissel. Volgens organiseerder Emelie Zwiegelaar was daar ietwat minder inskrywings as vorige jare, maar die skou is steeds goed ondersteun.
Fotogalery: 2020 Heidelberg Landbouskou
Die beoordelaars was Elona Keyser en Belinda Fourie wat albei bekende hondetelers in die omgewing is.
Die kampioen groot hond was Kayla wat aan Loresa van Deventer behoort. Die medium hond-kampioen is Nala van Esja van Niekerk. Arina van Zyl met Fabulous het die afdeling vir 'Ek lyk soos my baas' gewen, terwyl Odendal Streicher met Blommie met die louere in die kostuumafdeling weggestap het.
Odendal Streicher met Blommie. Foto’s: Deona Aucamp
Party eienaars was selfs snaakser as hul honde aangetrek.
Verwante artikel: Heidelberg-skou minder besig, maar steeds 'n sukses
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'