SUID-KAAP NUUS - Blomplante van Suid-Kaapland deur Pauline Bohnen is tans beskikbaar in elektroniese formaat.
Die boek het die eerste keer in 1986 verskyn. Bohnen, plantkundige kunstenaar, het self die illustrasies gedoen.
In 1995 volg ‘n tweede boek; Nog Blomplante van die Suid-Kaap. Hierdie tweede boek is steeds in hardeband beskikbaar op Stilbaai.
Bohnen is in 1999 oorlede.
Die boek word deur Stilbaai Bewaringstrust uitgegee en is beskikbaar by Stilbaai-toerismekantoor teen ‘n minimale bedrag van R100. Die inkomste van die boekverkope word deur die bewaringstrust vir verskeie gemeenskapsprojekte aangewend.
Dr Deon Begemann, redakteur van die boek se e-pos is begemannd@gmail.com en kan gekontak word vir meer inligting.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'