ALBERTINIA NUUS - Garden Route Game Lodge se eienaars, Anthony en Natasha Doherty het gaste op Saterdag 8 Desember by die opening van hul nuwe ontwikkeling verwelkom.
Anthony het 'n lint geknip om amptelik die nuwe swembad- en ontspannings-ruimte, Ayana Spa en ontvangs sowel Sunset Rigde-kamers te open.
'n Ontspannings ondervinding soos min kan by dié lodge gevind word. Elke gas se privaatheid word in ag geneem en daarom is die swembad- en ontspannigsruimte ook so ontwerp. Houtdekgedeeltes om verskuilde hoekies met ontspanningsstoele laat jou toe om jou boek in 'n 'bosbilioteek' in rus en vrede te lees.
Verhitte en kouewater swembaddens met 'n uitsig oor die wild en veld bied waterpret na almal se smaak. 'n Buitekroeg waar veral mengeldrankies gewild is, skep die gevoel van 'n eksotiese eiland.
Ayana Spa is nou beskikbaar om al die spanning uit te poets. Behandelings word in ruimkamers met 'n natuurskoon uitsig gedoen. Masserings, naels, velsorg- en ander -behandelings kan jou dag in die natuur af sluit. Die spa het boonop 'n stoomkamer, sauna en netjiese badkamers met stortgeriewe.
'n Televisieprogram is nie meer die naaste wat jy aan vyfster kan kom nie. Geniet 'n bad of stort onder die sterre en ontspan in jou eie privaat plonsswembad in die Sunset Ridge-kamers. Die kamers het 'n privaat ontvangsgebied waar Ayana Spa-gaste ook ontvang word. Om te kan ontsnap van alles word gewaarborg wanneer jy in een van dié wooneenhede tuis gaan en weer met die natuur kennis maak.
Anthony en Natasha Doherty is reeds vir meer as 16 jaar by Garden Route Game Lodge betrokke. Hier is hulle saam met hulle kinders Gemma en Roman. Foto's San-Marié Cronjé
Die lodge beskik nie net oor vyfster akkommodasie nie, maar die groot vyf kan ook hier besigtig word. Indien jy liefs eerder in jou eie bed wil slaap kan jy die wild gedurende 'n begeleide dagrit besigtig.
Besoek hulle webtuiste by www.grgamelodge.co.za, stuur 'n e-pos na: info@grgamelodge.co.za of skakel 027 28 735 1200 vir meer inligting.
Anthony juig nadat hy die lint knip ter viering van die opening van die nuwe ontwikkeling.
ALBERTINIA Owners Anthony and Natasha Doherty welcomed guests at Garden Route Game Lodge with canapés and bubbles at the launch of their new pool area, leisure space, Ayana Spa and reception and the brand new Sunset Ridge rooms with private plunge pools. Anthony cut a ribbon in celebration to declare the new area officially open. An outside bar at the pool and leisure area gives you the feeling of an exotic island. Relaxation is 100% guaranteed especially with the spa offering from facials, waxing to full body massages.
Chaidion Timothy en Lionel Jantjies staan reg by die buitekroeg om vervrissende drankies te meng.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'