HEIDELBERG NUUSFLITS - Met die snerpende koue nou op hande het ’n bekende egpaar van dié Oos-Dorp besluit dat hulle graag ’n verskil in kinders van hul tuisdorp se lewens wil maak.
Paula en haar eggenoot, Edward Laws van Aalwynlaan, het Woensdag 29 Mei 10 leerders van De Waalville Primêr lekker verras toe sy met 10 paar skoene en kouse by die skool opgedaag het.
Volgens Laws is haar man eintlik die groot dryfveer agter die inisiatief en beoog hulle om dit jaarliks te doen en dalk nog te vermeerder.
Sy het die leerders aangemoedig om net hul beste op skool te doen om sodoende hul en hul ouers se omstandighede later te verbeter.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'