HESSEQUA NUUS - Die opgradering van twee sportgronde in die Hessequa-streek gaan binnekort begin.
Die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles het Maandag, 2 November die eerste sooie by onderskeidelik Slangrivier- en Melkhoutfontein-sportgronde gaan spit as voorloper na dié heuglike gebeure.
Manho het kortliks verduidelik dat onder meer ‘n besproeiingstelsel, ‘n klompie watertenks wat opgerig is en nuwe gras wat aangeplant is met die R1,5 miljoen wat spandeer is, gedoen is.
Die projek vir beide sportvelde beloop R11 miljoen, wat aangewend sal word om ‘n netbalbaan en krieketveld aan te lê, asook om ‘n stadion en ablusiegeriewe te bou.
Enige sportgebeure by die twee sportgronde sal op ys gesit word tot en met die projek voltooi is.
Voor van links: rdl Tinus van den Berg, Grant Riddles (uitvoerende burgemeester), Werner Manho (direkteur: tegniese dienste), rdl Ben Smith, Shahida Kennedy, rdl Gerald Boezak en Andrew Stroebel (speaker).
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'