HEIDELBERG NUUS - Die graad R-leerders by De Waalville Primêre skool het Vrydag 1 September tydens hul Loopbaandagvieringe aan hul onderwysers gewys wat hulle graag na hul skoolloopbaan sal wil wees.
Personeel van die plaaslike ambulans- en polisiedienste het die kleuters touwys gemaak oor die loopbane in hul beroep.
Die onderwysers het ook hul loopbaan aan die groep verduidelik wat in so 'n rigting belanggestel het.
Nog 'n groep het in konstruksiewerk belang getoon.
Toekomstige bestryders van misdaad.
ARTIKEL EN FOTO'S: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'