RIVERSDAL NUUS - Rushay Pieterse is die enigste Nuwejaarsbaba wat in Riversdal-hospitaal die lig gesien het.
Mamma Deideré moes 'n keisersnee kry en sal nog die volgende twee of drie dae in die hospitaal wees.
Rushay, 'n pragtige dogtertjie het 2.8kg by geboorte geweeg. Sy is Deideré en Ruwaan Matola se eerste kind.
Op Kersdag was slegs twee babas in dié hospitaal gebore. Volgens 'n persverklaring deur die departement van gesondheid is 201 babas in die Wes-Kaap gebore.
Die provinsie se syfer vir Nuwejaarsbabas in die Wes-Kaap is nog nie beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'