RIVERSDAL NUUS - Droom het die kunstenaar Marilise Lombard gevra om kleur teen die granietmuur in die binnehoftuin van Tehuis Ou Meule se alzheimer-afdeling aan te bring.
Droom het die vier panele voorsien. Elke paneel is 1,5 x 1,2 meter groot.
Marilise het oorspronklike ontwerpe op die panele geteken. Sy het 'n vreugdetema en vrolikheid in die ontwerpe ontgin.
Marilise het die verf en ander kunsbenodigdhede verskaf, waarna die tydsame proses van inkleuring gevolg het. Dit het vyf maande geduur om te voltooi.
"Ek het elke oomblik tot my beskikking - dikwels snags - benut om hieraan te werk. Ek het egter besef ek kan dit nie alleen doen nie en het besluit om die gemeenskap te betrek om te kom help verf. Baie handjies - groot en klein- en baie ure se werk later en uiteindelik is ons klaar met die projek. Ek hoop dit sal vreugde bring."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’