RIVERSDAL NUUS - Die versorgingseenhede by die twee Droom-tehuise op die dorp is in afsondering geplaas.
Vanaf 19 Maart word woonstel-inwoners ook afgesonder.
Die aankondiging is deur Droom se hoofverpleegkundige, sr. Linda Botha gemaak.
Sy sê die stap is na aanleiding van omsendskrywes vanaf Badisa met betrekking tot die verspreiding van Covid-19 geneem: “Geen besoekers word toegelaat nie en geen inwoner mag die tehuise verlaat nie.”
Slegs personeel, geneeshere en geïdentifiseerde vrywilligers wat aan voorafbepaalde voorsorgmaatreëls voldoen, sal toegelaat word. Vir navrae kan sr. Botha by 028 713 2526 tydens kantoorure geskakel word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'