WES-KAAP NUUS - Landbou in die Wes-Kaap het ’n langtermynplan nodig om die sektor in die provinsie volhoubaar te hou, want dit is nie net ’n droogte nie, maar ’n nasionale klimaatsramp, sê dr. Ivan Meyer, Wes-Kaap se minister van landbou.
Hy het onderneem om fondse te bewillig om ’n langtermynstudie met betrekking tot die invloed van klimaatsverandering op landbou in die provinsie te doen.
Dit volg na R147 miljoen bewillig is vir droogtehulp vir voer en berading vir boere wat deur die voortslepende droogte geknou word.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, karoo nuus'