NASIONALE NUUS - Die naweek van 11 tot 13 Oktober is 2 128 motorbestuurders afgetrek.
Altesaam 1 125 van hulle se bloedalkoholvlak is getoets en 39 is vir dronkbestuur toegesluit.
Die hoogste lesing was 1,09 mg/1 000 ml, vier maal die toegelate hoeveelheid, wat by 'n motorbestuurder by Vredendal getoets is.
President Cyril Ramaphosa het verlede week aangekondig dat die wettige bloed-alkoholperk verder verlaag gaan word, maar dit is nog nie bekend wat die nuwe perk sal wees nie.
Dit is tans minder as 0,05g per 100 ml bloed en minder as 0,24 mg per 1 000 ml asem.
Altesaam 46 bestuurders wat te vinnig gery het, is ook vasgetrek. Die hoogste spoed was 139 km/h in 'n 120km/h sone, wat by Beaufort-Wes gemeet is en 135 km/h wat in 'n 100km/h sone by Mosselbaai en Swellendam gemeet is. By Vredendal is 117 km/h in 'n 80km/h sone gemeet.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'