RIVERSDAL NUUS - Sakeondernemings in die dorp trek beslis voordeel uit sportfeeste, soos onder andere die Hoër Landbouskool Oakdale se jaarlikse Akkerfees.
Suid-Kaap Forum het by verskeie ondernemings navraag gedoen om te hoor hoe sakelui daaroor voel, na kommentaar op sosiale media aangedui het dat dit jammer is klein sakeondernemings baat nie finansieël daarby nie.
Gastehuise en hotelle was vol en moes voornemende besoekers na ander dorpe verwys, supermarkte het flink sake gedoen en oor die algemeen is almal tevrede daarmee dat besoekers, ouers en leerders tot die dorp se ekonomie bydra, hetsy deur verblyf, restaurante, winkels of selfs net deur hier brandstof in te gooi.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'