RIVERSDAL NUUS - Die voorsitter van die Community Animal Rescue Society, Sandra Lotz, doen 'n beroep op inwoners om enige voorvalle van dooie duiwe in Riversdal en omgewing aan te meld by die Riversdal Dierekliniek.
"Dit het die afgelope tyd onder ons aandag gekom dat daar baie duiwe is wat dood is. Die duiwe toon geen tekens dat hul geskiet is nie. Ons wil graag die samewerking van die gemeenskap vra om dooie duiwe wat hulle teëkom na die plaaslike veearts by die dierekliniek te neem. Ons wil vasstel wat die vrektes veroorsaak. Die duiwe sal weggestuur word vir analise."
'n Bekommerde inwoner, dr. Fernhodt Galant, het tot op hede 13 dooie tortelduiwe in sy tuin gevind.
Hy sê dit is moontlik dat die duiwe vergiftig is aangesien geel mieliepitte naby van die dooie voëls gevind is en hy nie mielies in of om sy huis het nie.
Lees die volledige berig Vrydag in Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'