HESSEQUA NUUS - Baie mense weet nie eens dat hulle die Covid-19-virus onder lede het nie, omdat die simptome feitlik in elke mense verskil en daarom versprei dit ook so vinnig.
‘n Mediese dokter, Lee-Ann Sulliman se eggenoot, Leonard Williams jr is ‘n boorling van Heidelberg en sy het dit goedgedink om ‘n paar wenke met inwoners te deel.
Sulliman werk tans as ‘n “voorste liniewerker” in Johannesburg en is 80% van haar pasiënte deur Covid-19-infeksies geaffekter.
Volgens haar is twee of drie simptome genoeg om met kwarantyn te begin, jou dokter te raadpleeg en om vir die virus te toets.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'